Vreemd dat van Kent vir reiskoste blameer word: Amupanda

Hoër onderwys-minister Itah Kandjii-Murangi en haar persoonlike assistent, Lungenesia Uaseupani, is deur die teenkorrupsie-kommissie se direkteur, Paulus Noa, beveel om gesamentlik 69 000 Namibiese dollar in reistoelae terug te betaal. Dit was deel van die 952 000 dollar in reistoelae wat hulle in 2022 gekry het. Die kommissie het die ministerie se uitvoerende direkteur, Dr Alfred van Kent, egter ‘ernstig gewaarsku’ oor die ‘potensieel korrupte gewoonte’ om openbare ondernemings wat onder die ministerie val, te vra vir fondse vir die minister se buitelandse reise. Die aktivis en presidentskandidaat Job Amupanda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dis vreemd dat Van Kent blameer word.