Minister kan niks aan afdankings doen nie: Isaacks

Die Swapo Party het ’n beroep gedoen op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, om in te gryp by die Karas-streekraad, nadat drie Swapo-verteenwoordigers van die raad afgedank is. Die party beweer die streek se bestuurskomitee is sedert Junie verlede jaar wanfunksioneel. Die LPM-gedomineerde streekraad se voorsitter, Joseph Isaacks, het egter vroeër verskeie redes vir die drie lede se afdanking gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met Isaacks gepraat, wat sê Uutoni kan niks aan die saak doen nie.