Vredesverdrag tussen ons en Duitsland nodig

Die LPM-parlementslid Utaara Mootu sê sy is self ‘n nageslag van die volksmoord slagoffers en het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die ooreenkoms met Duitsland in sy geheel te verwerp. Volgens haar probeer die Swapo-regering ‘n ooreenkoms deurdruk wat sy politieke belange beskerm en Duitsland, een van Namibië se grootste donateurs, vrywaar van enige aanspreeklikheid. Sy sê dat daar ‘n vredesverdrag tussen die gemeenskappe wat geraak is, wat die Damara en San volgens haar insluit, en Duitsland onderteken moet word. Mootu sê hulle het nie net grond verloor nie, maar ook baie van hulle erfenis.