Vragmotors wat bande verloor veroorsaak twee ongelukkeFebruary 9, 2023

Daar was twee fratsongelukke met bande wat losgekom het op vragmotors. Een vragmotor is naby Rehoboth erg beskading en by Kamanjab is ‘n bestuurder van ‘n bakkie in intensiewe sorg as gevolg van so ‘n ongeluk. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers vra vragmotor-eienaars om te verseker dat alle bande op sleepwaens veilig vas is.

Kort nadat Naude met Kosmos 94.1 Nuus gesels het, is nog ‘n vragmotor sonder ‘n band by Okahandja aangetref maar, daar was nie ‘n ongeluk nie.