Vragmotorbestuurders moet versigtig wees by Usakos

TransNamib is bekommerd oor die ongelukke wat by hulle Usakos-stasie plaasvind. Volgens Abigail Raubenheimer woordvoerder van TransNamib is die naweek se ongeluk die tweede een by dié stasie en sy sê dié vragmotorongelukke raak hulle bedrywighede.