Vragmotorbestuurders in die sop oor onwettige sigarette

Twee vragmotorbestuurders van ‘n plaaslike vervoermaatskappy is in Kongola in die Zambezi-streek in hegtenis geneem, nadat smokkelware in hul besit gevind is tydens ‘n roetine deursoeking by die kontrolepunt. Daar is ook op die vragmotor beslag gelê. Volgens NamPol se streekbevelvoerder in Zambezi, kommissaris Andreas Shilelo, is 3 680 pakkies sigarette ter waarde van meer as 140 000 Namibiese dollar in hul vrag gevind. Shilelo sê die sigarette word in Zambië vervaardig en is onwettig in Namibië. Die mans het ook nie ‘n permit gehad om dit te vervoer nie.