Sunrisers EC klop MI Cape Town in SA20

Krieket: Sunrisers Eastern Cape se draaiboulers het hulle gehelp om die oorhand met vier lopies te kry oor MI Cape Town in hulle SA20-kragmeting in Gqeberha. Sunrisers het die besoekers beperk tot 171 vir sewe nadat die tuisspan ‘n mededingende 175 vir ses in hulle 20 beurte aangeteken het. Die Pretoria Capitals en die Joburg Super Kings moes met ‘n gelykopuitslag tevrede wees nadat reën hulle botsing in Centurion ontwrig het. Die kompetisie stuur af op ‘n interessante einde met die Capitals met tien punte, MI Cape Town met nege en die Super Kings met agt, wat almal veg om die laaste uitspeelplek.