Vraag na olie sal eers volgende jaar herstel, prys bly hoog

Wêreldwye vraag na olie sal volgende jaar terugkeer na vlakke voor Covid namate China se verbruik begin herstel na Covid-inperkings eindig. Volgens die Internasionale Energieagentskap sal stygende oliepryse en swakker ekonomiese groei die groei in vraag na olie in die tweede helfte van die jaar vertraag. Die agentskap verwag dat die globale vraag na olie sal groei tot 99,4 miljoen vate per dag vanjaar, hoër as sy vorige skattings, maar steeds ‘n  miljoen vate laer as in 2019. Volgende jaar sal vraag groei na 101,6 miljoen vate per dag. Die agentskap het sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat produksie sal sukkel om tred te hou met die toenemende vraag as gevolg van sanksies teen Rusland en dus, sal die prys hoog bly.