Vraag na eiers daal in die Oekraïne

In die eerste helfte van 2022 moes die Oekraïne se grootste eierprodusent, Ovostar Union, sy kudde lêhenne verklein om produksie te verminder, weens die lae vraag na verwerkte eierprodukte op die plaaslike mark. Op 30 Junie 2022 was Ovostar se totale henne op 6,26 miljoen, insluitend 6,18 miljoen lêhenne, vergeleke met onderskeidelik 8,01 en 6,63 miljoen henne op dieselfde datum van die vorige jaar. In die eerste helfte van 2022 het eierproduksie op 794 miljoen gestaan, 4 persent laer in vergelyking met dieselfde tydperk van die vorige jaar. Uitvoere van eiers het tot 128 miljoen gedaal vanaf 144 miljoen in die vorige jaar. Die maatskappy het sê die volume eiers wat in die eerste helfte van 2022 verwerk is, het met 18 persent gedaal en 216 miljoen beloop.