Vorderingsverslag van Nasionale Vervolgingsgesag gesoek

Die DA het ‘n vorderingsverslag van die Nasionale Vervolgingsgesag aangevra oor sy ondersoeke na aanleiding van die Zondo-kommissie. Die Suid-Afrikaanse opposisieparty wil inligting hê oor die vervolging van die individue wat by staatskaping betrek word. President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale direktoraat aangestel om bewyse wat by die Staatskapingskommissie aan die lig kom, te ondersoek. Glynnis Breytenbach van die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet watter optrede gaan volg ná die onthullings voor die kommissie.