Voorvonnis-verrigtinge vir Amerikaners uitgestel

Kevan Townsend en Marcus Thomas, die twee Amerikaners, wat op 6 September deur regter Christie Liebenberg skuldig bevind aan die moord en roof van Andre Heckmair in 2011 se voorvonnis-verrigtinge is uitgestel tot 10 Oktober. Dit sou Maandag plaasgevind het maar die staatsadvokaat Antonia Verhoef was nie beskikbaar nie. Die twee het oor die jare heen herhaaldelik die nuus gehaal met talle vertragings wat hulle in die saak veroorsaak het. Die twee is op 6 September skuldig bevind.