Voorverhoor van ‘parlement-brandstigter’ weer uitgestel

Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het die voor-verhoor van die vermeende parlement-brandstigter Zandile Mafe weer tot 28 Maart uitgestel. Dit is om die staat en die verdediging in staat te stel om logistieke reëlings vir sy opname in ‘n hospitaal vir geestes-waarneming in die Oos-Kaap af te handel. Mafe se voor-verhore is verskeie kere in die verlede vertraag nadat hy by drie verskillende geleenthede geweier het om in die hof te verskyn. Die 51-jarige staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om ‘n brand te stig, en aanklagte van brandstigting, terrorisme en diefstal.