Grondloses eis grond op Swakopmund

‘n Groep grondlose Swakopmund-inwoners eis regverdigheid in die toekenning van grond op die dorp. In ‘n petisie het inwoners ’n beroep op die Swakopmundse munisipaliteit gedoen om grond aan hulle toe te ken waar hulle hul formele strukture kan oprig asook bekostigbare huise aan sy inwoners kan verskaf. Die groep se woordvoerder het verder die munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle glo inwoners van die DRK informele nedersetting aan die buitewyke van Swakopmund uitgesluit het van gedienste grondtoekenning. Die hoof uitvoerende beampte Archie Benjamin sê die meeste van die kwessies wat geopper is, indien nie almal nie, is gebaseer op raadsbesluite wat reeds geneem is en wat die raad sedert verlede jaar begin implementeer het.