Vooruitsigte vir reën verswak effe

Daar was voorspellings vir ‘n goeie reënseisoen vanjaar met reën wat vroeg sou begin het, maar, dit blyk nie om die geval te wees nie en die reën val net plek-plek. Die onafhanklik weerkenner uit Suid-Afrika, Johan van den Berg het ook sy kommer uitgespreek maar sê daar is wel ‘n kans op verbetering in die nuwe jaar.