Voortgesette beurtkrag ‘skend menseregte’

Die DA het die beslissing van die Hooggereghof in Pretoria verwelkom wat die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, verplig om ononderbroke elektrisiteitsvoorsiening teen 31 Januarie te waarborg vir staatshospitale, klinieke, skole en polisiekantore. Die woordvoerder van die party oor minerale bronne en energie, Kevin Mileham, beskou die bevel as ‘n verklaring dat voortgesette beurtkrag menseregte skend. Mileham skryf die energiekrisis toe aan staatskaping, wanbestuur en ANC-kaderontplooiing. Hy beklemtoon ‘n langtermynoplossing lê in die uitstem van die ANC in volgende jaar se verkiesing.