NEO for Namibia help pasgebore babas

Helping Babies Survive is ‘n nie-winsgewende organisasie gebaseer in Switserland, wat fokus op die implementering van eenvoudige mediese intervensies om die oorlewingskoers van pasgebore babas te verbeter. NEO for Namibia is ‘n groep Switserse dokters en verpleegkundiges met lang ervaring in algemene pediatrie, pediatriese noodgeneeskunde, neonatologie en pediatriese intensiewe sorg. Die nie-winsgewende organisasie NEO for Namibia – Helping Babies Survive, wat deur prof. Thomas M. Berger en sy vrou Sabine Berger geïnisieer is, is in September 2017 gestig. Kosmos 94.1 Nuus het met Berger gepraat wat meer oor die werk van die organisasie verduidelik.

Berger lê verder die drie pilare uiteen wat belangrik is om hul werk voort te sit.