Voorstelinie werkers word bygestaan

‘n Inisiatief van Ombili Mental Health, Nammed mediese fonds en die Namibiese Vereniging van Private Hospitale, doen ‘n beroep op alle werkers in die voorste linies wat berading in dié krisistyd nodig het, om ‘n boodskap na 081 831 1065 te stuur. Sedert die Covid-pandemie werk werkers in die voorste linies ekstra ure of plaas hul lewens op die spel vir ander. Maika Eysselein, wat deel is van die inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.