Voornemens vir ’24: Werk saggies met jouself

Mind Right-afrigter in Suid-Afrika, Ivan Jones, raai individue aan om haalbare, korttermyn-doelwitte en nie onmoontlike Nuwejaarsvoornemens te maak nie. Jones het die belangrikheid benadruk om aanspreeklikheidsvennote te hê wat ondersteuning en aanmoediging kan gee. Volgens hom moet ʼn mens nie ongenadig met jouself wees indien jy nie die afgelope jaar jou doelwitte verwesenlik het nie en stel ʼn meer haalbare benadering voor. Jones sê daar betekenisvolle beloning wees indien ʼn mens op kleiner doelwitte fokus, deur ‘n positiewe en volhoubare ingesteldheid vir persoonlike groei en ontwikkeling te bevorder: