Voornemende Unam-studente word gemaan daar is geen laat registrasie nie

Die Universiteit van Namibië se registrasie vir 2023 akademiese jaar is steeds aan die gang vir beide die eerstejaarstudente en senior studente. Vir die eerstejaars sal die registrasies tot 31 Januarie duur, terwyl dit vir die seniors tot 14 Februarie duur. Alle studente word daaraan herinner dat daar geen laat registrasie-tydperk is nie. Toegang tot die aanlyn registrasie-platform is slegs moontlik wanneer die registrasiefooi en deposito as betaalbaar toon op ‘n studente-rekening. Simon Namesho, Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.