Voormalige Wits-studente stig nuwe vakbond
Voormalige Wits-studente het ‘n nuwe vakbond van stapel gestuur. Die Workers Socialist Union of South Africa poog om ‘n nasionale voetspoor in die politiek te vestig. Volgens die vakbond se hoofsekretaris, Mmeli Gebashe, het die idee ontstaan toe die EFF se studente-leierskap by Wits betrokke geraak het om die lot van werkers by die instelling te probeer verbeter. Gebashe het gesê die vakbond is nie polities geaffilieer nie en is uitsluitlik daarop gefokus om werkers se belange te bevorder.