Voormalige voorsitter van Sportkommissie stil oor afdanking

Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het Dinsdag die hele raad van die Namibiese Sportkommissie van hul pligte onthef. Volgens ‘n mediaverklaring van die sportministerie is dit weens hul opsetlike ongehoorsaamheid en dat hulle die uitvoering van hul opdragte geïgnoreer het. Die afgedankte raadslede is Joel Matheus, Erica Beukes, Tomas Mbeeli, Alna Similo, Linda Chicalu, Marius Johannes, Karen Mubonenwa en Nicklause Nghumono. Die voorsitter van die raad, Joel Matheus, het nie veel uit die mou gelaat nie, maar aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle die afdankingsbrief ontvang het.