Voormalige eerste minister van Namibië sê land moes buite stemming bly by VN

Namibië was een van die 35 lande wat buite stemming gebly het toe die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gestem het oor ‘n resolusie waarin Rusland se optrede veroordeel word. Namibië het ook vroeër die week buite stemming gebly toe verrigtinge van die VN se Menseregteraad in Genève in Switserland onderbreek is om ‘n spesiale debat oor menseregteskendings deur Russiese soldate tydens die inval in die Oekraïne gevoer kan word. Die voormalige eerste minister van Namibië, Nahas Angula, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.