Voorbereiding vir Kosmos 94.1 se Desert Dash-spannetjie loop oop

Met die Nedbank Desert Dash wat amptelik van stapel gestuur is en op 8 en 9 Desember sal plaasvind, het Kosmos 94.1 Nuus ingeloer by ons spannetjie van vier, Servaas Tap, Danie Small, Christo le Roux en Hennie Horn, om uit te vind hoe die voorbereiding vir die uitmergelende bergfietswedren vorder. Small sê hulle vorder, maar drink dalk te min bier…