Voorafbetaalde krag is volhoubare besluit
Die Elektrisiteitsbeheerraad ondersteun NamPower se pogings om voorafbetaalde grootmaatmeters aan verskeie plaaslike elektrisiteitsverspreiders en ander kliënte bekend te stel. Die stap word as volhoubaar beskryf. Die aanlyn-publikasie, The Brief berig dat die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise, sê die stelsel sal NamPower toelaat om sy reuse-skuldlas te verminder. Die kragvoorsiener poog om teen Julie 2025 alle verspreiders op voorafbetaalde stelsels te hê en het reeds begin om vergaderings in die verband te hou. Die maatskappy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld.