Vonnisoplegging vandag in Wasserfall-saak

Regter Christie Liebenberg sal vandag Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu vonnis na hul skuldigbevinding op verskeie klagte op 16 Mei. Beide is onskuldig bevind op die klagte van moord van Shannon Wasserfall op Walvisbaai maar is skuldig bevind aan regsverydeling. Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog. Die 22-jarige Wasserfall is op 10 April 2020 in Walvisbaai as vermis aangemeld en haar oorskot is op 6 Oktober 2020 gevind waar dit in die duine begrawe is. Vonnisoplegging sal om tien-uur plaasvind.