Volksmoord: VN moet intree, asb

Ovaherero en Nama jeug aan die kus het ‘n beroep op die VN gedoen in tussenbeide te tree in die volksmoord-ooreenkoms en komende prosesse tussen Duitsland en Namibië. Die groep is ook gekant teen die 19 miljard Namibiese dollar ooreenkoms wat as ontwikkeling bystand en hulp deur Duitsland gedefinieer word en oor ‘n periode van 30 jaar aan verskeie projekte gewend word. Die groep meen ook dat gemeenskappe uitgelaat is in die hele proses en dat die regering nie hoof onderhandelaar moes wees nie maar eerder net ‘n belanghebbende party moes wees. Intussen het die burgemeester van Windhoek, Job Amupanda ook sy stem by die kwessie gevoeg. Hy sê dit sal ‘n tragedie wees as die volksmoord kwessie en die ooreenkoms in die hande van die Swapo ouderlinge, soos hy hulle beskryf, te laat. Hy meen die jeug moet onmiddellik betrokke raak en lede van die gemeenskap wat nie deur die volksmoord geraak is nie, moet die jeug in die verband ondersteun.