Volksmoord: Muinangue wil onderhandelings hernu

Die president van die Nudo-party en adjunk-gesondheidsminister, Ester Muinjangue vra dat die Duitse regering eerder terugkeer na die onderhandelingstafel in verband met reparasies oor die volksmoord. Muinjangue sê sy bly daartoe verbind om die kwessie op te los. Sy reis volgende week na Duitsland om ‘n konferensie oor grondwetlike regte by te woon. Muinjangue sê die volksmoord oor die algemeen sal onder die loep kom. Die feit dat die geraakte gemeenskappe ongelukkig is oor die ooreenkoms en wat daaraan gedoen kan word is ook op die agenda. Duitsland se eie Groen-party het in die Duitse parlement deurgeloop met kritiek van die opposisie oor hoe die onderhandelings hanteer is.