Volgepakte Nuweland vir SA20-finaal

Krieket: Die tweede seisoen van die SA20 word vanmiddag afgesluit wanneer die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, teen Durban’s Super Giants speel in die eindstryd op ‘n volgepakte Nuweland in Kaapstad. Die Sunrisers het die rondomtalie-fase bo aan die punteleer geëindig en Durban in die eerste kwalifiserende wedstryd uitgeskakel om na die eindstryd deur te dring. Durban moes die tweede kwalifiseerder teen Joburg Super Kings wen om die eindronde te haal. Die hekke open om 2.30 en die aksie begin 5.30.