Copps 94.1-span help orde handhaaf

Die Copps 94.1-span het ‘n stil aand beleef, en het geen dringende kwessies hanteer nie. Hulle was vergesel van die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, wat benadruk het dat die stad ordelik en netjies moet wees, veral in die lig van besoekers wat gaan opdaag vir wyle president Hage Geingob se begrafnis. Francois Lottering het die besonderhede.