Voetgholf se Wêreldbekertoernooi 2023 in Florida

Voetgholf Suid-Afrika bied hierdie naweek sy finale kwalifiserende toernooi vir die Wêreldbekertoernooi aan. Spelers sal gekies word om die land van 26 Mei tot 6 Junie volgende jaar op die Wêreldbekertoernooi in Orlando in die Amerikaanse deelstaat Florida te verteenwoordig. Die president van Voetgholf Suid-Afrika, Norman Mphake, sê die sport gebruik gholfreëls en word met ‘n sokkerbal op ‘n gholfbaan gespeel. Dit groei baie vinnig in Suid-Afrika. Volgens hom is Suid-Afrika die enigste land in Afrika waar dit gespeel word.