Voertuigverkope groei met 4,3% teenoor 2021

SimonisStorm het die voertuigverkope vir Desember 2021 bekend gemaak. ‘n Totaal van 734 voertuie is verkoop, vergeleke met 755 in November 2021, en 704 in Desember 2020. Op ‘n jaargrondslag het voertuigverkope met 4,3 persent gegroei maar met 2,8 persent teruggeval – op ‘n maandgrondslag gemeet. Die makelaarsfirma sê invoere van voertuie sal vanjaar uitdagings beleef as gevolg van uitdagings met produksie. Verkope sal ook nie vanjaar noemenswaardig styg nie omdat handelaars rapporteer dat voornemende kopers nie krediet by kommersiële bank kan bekom nie.