Voertuigverkope: beter as Okt. ’20, swakker as Sept. ’21

Plaaslike verkope van nuwe voertuie in Oktober is deur Naamsa, die voertuigvervaardigings-vereniging in Suid-Afrika, bekend gemaak. ‘n Totaal van 714 nuwe motors is in die maand verkoop teenoor 767 verlede maand en 561 in Oktober verlede jaar. Op ‘n jaargrondslag het verkope met 27,3 persent gegroei maar met 6,9 persent op ‘n maandelikse basis, teruggeval. Volgens Simonis Storm wat die syfers bekend gemaak het, is die groei in verkope deur ‘n toename in die aankoop van sedanvoertuie en ligte kommersiële voertuie aangedryf. Gedurende Oktober het swaarvoertuie die meeste gegroei met 75 persent vergeleke met Oktober 2020. ‘n Totaal van 35 eenhede is verkoop.