Voer: Te vroeg om oor pryse te sê

In Oktober is die voervervaardigers in Suid-Afrika gedwing om hul voerpryse te verhoog in reaksie op die stygende koste van grondstowwe, volgens ‘n verslag deur die Animal Feed Manufacturers Association, wat Suid-Afrika se veevoerbedryf verteenwoordig. Verder dreig die El Nino-weerverskynsel wat minder reën kan beteken en die vraag na voer kan verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die besturende direkteur van Feedmaster, wat sê dit is nog te vroeg om te kan sê of voerpryse volgende jaar sal styg.