Voëlreservaat in Essex ontsaan uit sewe ton grond wat uitgegrawe is 

‘n Nuwe voëlreservaat in Engeland het ontstaan uit grond wat uitgegrawe is om ‘n nuwe ondergrondse spoorprojek te bou. Die reservaat in Essex het nou glo een van die rykste gebiede vir verskeie waadvoëlspesies aan Brittanje se kus geword. Sewe miljoen ton grond wat uitgegrawe is vir die bou van die 13 tonnels van die nuwe Elizabeth-kruisspoor in Londen, is na die Wallasea-skiereiland geneem. Dit is toe gebruik om die nuwe Jubilee-vlei te bou, wat ‘n skuiling vir voëls geword het.