Voëlgriep-uitbreking onder seevoëls in Wes-Kaap duur voort

Die voëlgriep-uitbreking onder seevoëls in die Wes-Kaap duur voort en Dyer-eiland in die Overberg is tans die grootste brandpunt. ‘n Woordvoerder van die provinsie se departement van omgewingsake, James-Brent Styan, sê pogings gaan voort om die situasie te bestuur. Hy sê hulle tel elke dag sowat 500 dooie voëls op die eiland op.