Voëlgriep onder loep by voedselkonferensie

Regeringsverteenwoordigers het afgevaardigdes op die eerste van ʼn tweedag-konferensie oor voedselsekerheid verseker hulle stel aktief ondersoek in na die uitwerking van die voëlgriep-epidemie op die pluimveebedryf. Die landbouminister, Thoko Didiza, sê hulle oorweeg tans die ontwikkeling van ʼn entstof se uitvoerbaarheid. Sy het aan belanghebbers wat teenwoordig was, gesê dis belangrik dat die entstof doeltreffend is. Sy sê dit moet ook veilig wees vir werkers en verbruikers: