Voedseltekorte het breeër impak op die ekonomie

Die jongste voedselsekerheidsyfers wek kommer. Meer as 750 000 Namibiërs ervaar tans voedseltekorte en dit sal vir die huishoudings voort duur tot Maart volgende jaar. Uitgerekte droogtes en inperkings as gevolg van die pandemie het die tekorte vererger, veral met die verlies van inkomste en onderbrekings in waardekettings. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die situasie het ‘n beduidende impak op Namibië se ekonomie.