Uhm… kussing-geveg toernooi skop Januarie af

Die eerste kampioenskap vir kussing-gevegte, ja, kussing-gevegte, sal op 29 Januarie volgende jaar in Florida in die VSA plaasvind. Bekend as die PFC, of te wel, Pillow Fight Championship, kombineer die toernooi kussingslaan met fisiese gevegte in ‘n tipe van bokskryt, sonder die geweld. Dit is die mening van die stigter van die kampioenskap, Steve Williams. Hy sê dis nie ‘n geveg waar die vere rondvlieg en mense lag nie, maar eerder, dat gespesialiseerde kussing gebruik word. Meeste van die deelnemers kom uit die gemengde vegkuns arena uit maar, hulle sal nie seerkry nie. Die kampioenskap sal op ‘n betaalkanaal uitgesaai word.