Voedselstelsels moet verander

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê ‘n verandering in voedselstelsels is nie net moontlik nie, maar noodsaaklik vir die mens, die planeet en vir voorspoed. Guterres het op die opening van die Verenigde Nasies se belangrike beraad oor voedsel-stelsels gepraat. Hy waarsku dat die Covid-19-pandemie die probleem vererger het. Hy sê voedsel is ‘n mensereg en nie net ‘n kommoditeit nie. Honderde miljoene mense gaan slaap elke dag honger, terwyl 3 miljard mense nie ‘n gesonde dieet kan bekostig nie. Plaaslik is ongeveer 800 000 Namibiërs kwesbaar in die verband en het uitdagings om daagliks genoeg te eet.