Voedselpryse styg verder in Mei

Die verbruikersprysindeks vir Mei 2021 is bekend. Inflasie is tans op 3,8 persent teenoor 2,1 persent in Mei 2020. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het voedsel en nie-alkoholiese drankies met 6,6 persent toegeneem en het die grootste bygedra tot die styging. Vleis is 16,9 persent duurder as verlede jaar terwyl olies en vette met 13,5 persent gestyg het. Brood en graansoorte is 3,7 persent duurder. Intussen het Sone 3, die Karas-, Erongo-, Hardap- en Omaheke-streke, die grootste toename in inflasie aangeteken, op ‘n gemiddeld van 4,4 persent. Sone 2, wat Khomas insluit, het 3,7 persent inflasie gemeen en Sone 1, wat die sentrale en noordelike streke insluit, het 3,4 persent inflasie gemeet. Die verskille in inflasie word volgens die plaaslike ekonoom Jason Kasuto gemeet deur aanvraag.