Voedselpryse sal steeds vroeg vanjaar styg

Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group maan verbruikers om voor te berei vir nog voedselprysstygings vroeg hierdie jaar. Dit geld nie net vir Suid-Afrikaners nie maar ook plaaslike huishoudings. Die koördineerder van die groep, Mervyn Abrahams, het onthul kosprysverhogings is die hoogste in 14 jaar, met voedselinflasie wat jaar-tot-jaar met 9 persent opgeskiet het. Abrahams sê voedselinflasie is ‘n primêre bydraer tot die oorhoofse inflasie in Suid-Afrika. Hy maan dat die prys van rys, mieliemeel, eiers en aartappels steeds styg: