Voedselpryse op winkelrakke ondersoek in SA

Die Mededingingskommissie in die buurland het gewaarsku voedsel-kleinhandelaars wat pryswette oortree, kan vervolging te wagte wees. Die kommissie het sy kommer uitgespreek oor prysstygings van noodsaaklike voedselitems, insluitend brood, mieliemeel en sonneblomolie, oor ‘n tydperk van twee-jaar. Die kommunikasiehoof, Sipho Ngwema, het in sy kommentaar op die 2021/22 Noodsaaklike Voedsel Prys Moniteringsverslag beklemtoon arm verbruikers word grootliks deur hierdie prysstygings geraak. Hy sê die kommissie het sake teen kleinhandelaars ingestel, en teen dié wat die mededingingswette oortree: