Voedselproduksie en ondersteuning onder die loep die week

Die Namibiese landbouministerie in samewerking met die Duitse GIZ, bied ‘n werkswinkel oor voedselsekerheid en akkerbou ondersteunings-inisiatiewe aan met die doel om die veerkragtigheid en koördinasie van Namibië se landbou-voedselsektor te versterk. Die werkswinkel, getiteld “Towards a Resilient and Coordinated Agri-Food Sector,” sal van vandag tot Vrydag in die hoofstad plaasvind. Die werkswinkel sal ‘n diverse groep landbou-rolspelers van regoor die land bymekaar bring om die beste oplossings en praktyke vir bestaande uitdagings in die landbousektor te bespreek.