Voedselkrisis in Afrika vererger

Afrika staar ‘n voedselkrisis in die gesig met 282 miljoen mense wat ondervoed is, en ‘n skerp toename wat volgende jaar verwag word. Dit is volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie van die VN. Dit beteken effektief dat die vasteland ver weg is van sy nul-honger teen 2030-teiken. Ongeveer 868 miljoen mense is voedselonseker, en meer as een derde van hulle – 342 miljoen mense – wat erg voedselonseker is. Die uitdaging word vererger deur klimaatsverandering.