Voedsel styg met 6,5 persent in Julie teenoor Julie 2020

Voedsel-inflasie het met 6,5 persent in Julie vanjaar teenoor Julie verlede jaar se 6,2 persent toegeneem, volgens die Namibië Verbruikersprys-indeks van Julie. Volgens die verslag van die Namibië Statistieke-agentskap, het die prys van rys met 11,6 persent toegeneem, gevolg deur brood met agt persent. Vleis kos 14,9 persent duurder as ‘n jaar gelede, met hoender wat nóg 20,5 persent duurder is, gevolg deur afval met ‘n styging van 19 persent, maalvleis met 18,9 persent en lam teen 15,4 persent. Vrugte het met nege persent en groente met 3,9 persent duurder geword. Sjokolade, lekkers en roomys is goedkoper as verlede jaar. Ekonoom Robert McGregor verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.