VN Wêreldvoedselprogram maan oor krisis in Afghanistan

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê ‘n krisis van ongekende omvang is besig om in Afghanistan af te speel. Die agentskap sê die ramp in Afghanistan word aangevuur deur die konflik, ‘n droogte en die Covid-pandemie. Nagenoeg 14 miljoen mense in die land benodig tans voedsel en twee miljoen ondervoede kinders het dringend behandeling nodig. Die program se streeksdirekteur, John Aylieff, sê meer as 550 000 Afghane het sedert die begin van die jaar weens die konflik en die onveilige situasie uit hul huise padgegee. Aylieff sê ongeveer 70 000 ontwortelde mense het op die hoofstad Kabul toegesak.