VN voorspel hemelhoë inflasie vir ’24

Berigte lui dat die Verenigde Nasies ‘n skokkende inflasiesyfer van 7,1 persent vir Namibië in 2024 voorspel wat sal styg na 7,7 persent in 2025. Dit is in sy jongste verslag oor die stand van sake in die wêreld ekonomie. Dit is teenstrydig met voorspellings deur ekonome dat inflasie vanjaar plaaslik sal daal. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die jaar sal moeilik wees en die reeds vertraagde groei sal verder verlangsaam. Die Namibiese regering se skuld het ook met amper 10 persent gestyg en teen Maart vanjaar sal voedselonsekerheid ongeveer 26 persent van die bevolking raak.