Enoch sê hy sal nie noodfonds gebruik nie

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika het geen voorneme om ʼn noodfonds van 497 miljard Suid-Afrikaanse rand te gebruik nie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank hou namens die Nasionale Tesourie toesig oor die gebeurlikheids-reserwerekening vir goud en buitelandse valuta. Die geld kan help om skuld-terugbetalingskoste of ʼn enorme staatsloonrekening te dek. Godongwana het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê baie dinge moet in ag geneem word voordat die fonds gebruik kan word: