VN-voedselprogram kostes styg skerp

Bedryfskoste van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sal vanjaar in Wes-Afrika met 136 miljoen Amerikaanse dollar styg weens die wêreldwye styging in voedsel- en brandstofpryse wat deur die oorlog in die Oekraïne aangedryf word. Die program het reeds uitdagings om die voedselkrisis in Wes-Afrika aan te spreek en is gedwing om rantsoene in sewe lande te sny weens ‘n gebrek aan finansiering. Ses Wes-Afrikaanse lande voer 30 tot 50 persent van hul koring van Rusland en die Oekraïne in. Akute honger het die afgelope drie jaar in Wes-Afrika vervierdubbel, met 43 miljoen mense wat na verwagting teen Junie 2022 akute voedselonsekerheid in die gesig staar.