VN verwelkom skietstilstand

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die skietstilstand tussen Gaza en Israel verwelkom. Die skietstilstand beëindig 11 dae se dodelike gevegte wat slegs in Gaza die lewens van meer as 240 mense geëis het. Guterres sê die gewetenlose dood, lyding en vernietiging het die vooruitsig op volgehoue vrede verder die toekoms in gedryf: